Verblind deur die wêreld wyd en suid Struikel as ek my eer bewaar Warboel kan ek nie vermy Kan nie sien wat is vals of waar Pyn is oral weggesteek Niemand gee om, geen genade meer 'n Daad van God tref onderskeid Tussen sondaars en God se bruid Yeshua het vir ons betaal op Golgota Bloed gestort op die genadetroon Maak ons vry, maak ons vry Vir ewig vry En toe lees ek van daadie kruis En bloed gestort vir sondaars juis Gedagte het ek toe ontvang So eg en waar ek neem dit aan Ek sien my Here op die kruis Kon Jesus bloed in gees realm Druppend land op daardie troon Waar God bestem het dit moes heen Die skuld wat ek nooit kon betaal Kan dit net wees soos wat ek sê Is dit soos God dit bestem het Sy seun betaal my skuld finaal Kom loof Hom lig sy naam omhoog My God en koning lewe weer (leef dis beloof) Daars hoop vir almal wat Hom loof Op die genade troon! Kom loof Hom lig sy naam omhoog Daars hoop vir almal wat Hom loof Op die genade troon Ons is vrygekoop!